Verdrag van Maastricht

Die lande wat die verdrag in 1992 onderteken het.

Die Verdrag van Maastricht (amptelik die Verdrag betreffende die Europese Unie, kortweg EU-Verdrag) is op 7 Februarie 1992 in Maastricht onderteken en het die Europese Unie opgerig. Die verdrag het op 1 November 1993 in werking getree.

Die verdrag is deur alle destydse lidstate van die Europese Gemeenskappe: België, Denemarke, Duitsland, Griekeland, Spanje, Frankryk, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Portugal en die Verenigde Koninkryk onderteken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search